Ian en Ander is ’n klein hoekwinkeltjie in George en behoort aan Ian Jantjies, ’n middeljarige man wat die gejaag van die groot stad vir die vrede van ’n kleiner dorp verruil het. Maar vrede is daar nie, want die drie “ouer” mense wat vir hom werk, maak hom ook grys. Belinda Swanepoel, ’n eertydse Afrikaanse aktrise, is meer voor haar spieëltjie as voor haar kasregister en Annetjie Nel, ’n militaristiese en konserwatiewe bakster, bemoei haar meer met die winkel se sake as met die koek van die dag. Dan is daar die arme, sjarmante boereheld Frans Wessels, wat die vrede tussen Annetjie en Belinda probeer bewaar, maar selde daarin slaag. Die reeks skop af met ’n nuwe aanstelling, die jong bleeksiel, Dirkie, wat skielik hoof van sekuriteit word. Dan kom steek Maggie, Ian se vrou, ook nog haar neus in haar man se sake. Saam moet hulle die uitdagings van die ouderdom die hoof bied, maar leer ook dat die lewe vol tweede kanse is en dat ’n mens nooit te oud is om pret te hê nie.