IN DIE SOP SEISOEN 1

Bertus Basson, sjef en restaurant-eienaar het al groot sukses gesmaak… maar oor die jare ook baie foute gemaak en duur lesse geleer. Nou wil hy graag daardie insigte deel met ander restaurant-eienaars wat soos ons, swaar getref is deur die pandemie. Hetsy ‘n koskaravaan, fynproe of familie-restaurant, Bertus en sy span is gereed om vinnig, ‘n reuse verskil te maak en die suksesnaald van enige restaurant na Noord te swaai.

LUI MAAR OP BELINDA SEISOEN 2

Ian en Ander is ’n klein hoekwinkeltjie in George en behoort aan Ian Jantjies, ’n middeljarige man wat die gejaag van die groot stad vir die vrede van ’n kleiner dorp verruil het. Maar vrede is daar nie, want die drie “ouer” mense wat vir hom werk, maak hom ook grys. Belinda Swanepoel, ’n eertydse Afrikaanse aktrise, is meer voor haar spieëltjie as voor haar kasregister en Annetjie Nel, ’n militaristiese en konserwatiewe bakster, bemoei haar meer met die winkel se sake as met die koek van die dag. Dan is daar die arme, sjarmante boereheld Frans Wessels, wat die vrede tussen Annetjie en Belinda probeer bewaar, maar selde daarin slaag. Die reeks skop af met ’n nuwe aanstelling, die jong bleeksiel, Dirkie, wat skielik hoof van sekuriteit word. Dan kom steek Maggie, Ian se vrou, ook nog haar neus in haar man se sake. Saam moet hulle die uitdagings van die ouderdom die hoof bied, maar leer ook dat die lewe vol tweede kanse is en dat ’n mens nooit te oud is om pret te hê nie.

www.miasmakeup.co.za

FIESTAS AWARDS

Ten spyte van die uitdagings van die beperkings as gevolg van Covid-19 het daar kreatiwitiet geseëvier om die uitvoerende kunste en gehore bymekaar te bring. Die 11de kykNET Fiëstas vind plaas om hierdie werk te vereer.Vanjaar se Fiësta-toekennings, wat vir die elfde keer uitgedeel word, is as gevolg van die pandemie nie ’n lewendige uitsending voor ’n groot gehoor soos in die verlede nie, maar wel net so opwindend soos vorige jare. Die toekenningsgeleentheid is die afgelope naweek verfilm en word op Sondag 7 Maart om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

www.miasmakeup.co.za

OPPIESTOEP SEISOEN 4

Afrikaanse storievertel program.